Bericht van: Harold (Franeker, NW Friesland)
, 25-06-2009 19:01
Die winter het die Kaap met ’n slag getref. Kwaai storms het sedert Maandag verwoesting gesaai. Deinings van tot 7 m hoog word langs die kus gesien en riviere soos die Olifantsrivier is besig om te oorstroom. Rowwe seetoestande het veroorsaak dat 21 houers van ’n vragskip, die Safmarine Meru, afgeval het. Van die houers is besig om by Seepunt, Houtbaai en Kampsbaai uit te spoel. Teen Donderdagmiddag was daar kommer dat die inhoud van die houers ’n besoedelingsgevaar inhou.