Re : Sneeuw in zuid afrika

Bericht van: Otto (Gieten) , 26-07-2011 13:22 

Vasgekeerde inwoners pleit om redding
2011-07-26 11:27

Oos-Kaap – Meer as een honderd mense wat in die noordelike dele van die Oos-Kaap in sneeu vasgekeer is, het 'n beroep op die regering gedoen om hulle met helikopters te kom red.

Busse en bakkies wat mense in Mount Fletcher vervoer het, is sedert Maandag in die sneeu vasgekeer. Volgens 'n gemeenskapswoordvoerder is drie babas, wat jonger as twee maande is, deel van die groep.

Polisiebeamptes wat hulle probeer help het, is blykbaar ook in die sneeu vasgekeer.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het intussen waarskuwings vir die grootste deel van die land uitgereik. Baie koue toestande kom voor en swaar sneeu val op die hoogliggende dele van die Oos-Kaap en die Vrystaat.

Swaar reën word in KwaZulu-Natal verwag met 'n stormsterkte wind langs die kus. Verskeie paaie in Kwa Zulu-Natal en die Oos-Kaap, asook bergpasse, is gesluit as gevolg van die slegte weerstoestande.

Die N3 by van Reenens-pas is sedert Maandagaand toe en motoriste is versoek om eerder hul reis uit te stel.

Bron: nuus24
Bericht laatst bijgewerkt: 26-07-2011 13:23

Sneeuw in zuid afrika   ( 659)
Gerben (Epe) ( 15m) -- 26-07-2011 13:08
Re : Sneeuw in zuid afrika   ( 297)
Wouter (Aberdeen) -- 26-07-2011 13:22
Re : Sneeuw in zuid afrika   ( 295)
Otto (Gieten) -- 26-07-2011 13:22
Opvallend. Ook in Nieuw-Zeeland extreem winterweer   ( 233)
Harro (Winsum Gn) -- 26-07-2011 14:32
Mooi...   ( 133)
Dirk(Melsele) ( 6m) -- 26-07-2011 14:44
Sneeuw in Chili   ( 173)
Rutger (Meppel) -- 26-07-2011 14:54