Weerstation Losser Datum: dinsdag 19 april 2005 21.55 uur.
Maximumtemperatuur < 15.6> graden
Minimumtemperatuur < 7.4> graden
Uurlijks gemiddelde < 9> graden
Neerslag (mm) < 13.3> mm
Neerslag (soort)
Helder/Zonloos < h> .
Windsnelheid (max) < 5.8> m/s
Windsnelheid (min) < *> m/s
Windrichting
Luchtdruk 07 uur < 1005> hpa
Luchtdruk 19 uur < 1002> hpa
Luchtvochtigheid (min) <79 > procent
Opmerkingen:
Vanmorgen dacht ik even dat het met de regen wel mee zou vallen.
Maar het pakte toch anders uit en gingen wie hier royaal over de dubbele cijfers heen.
Vandaag overdag kwam de temperatuur niet boven de tien graden uit.
Zodat voor het maximum van vandaag weer eens een temperatuur moest invullen van de avond er voor.
Erik een van onze kinderen die gaat binnenkort met Carel zijn vrouw naar Zuid Afika.
Carol is daar geboren en die wil Erik haar geboorte streek laten zien.
Het weer daar heeft natuurlijk nu al hun belangstelling.
In Zuid Afrika lijkt het echter nu winter te worden.
Of de winter daar ook te vroeg begint dat laat ik aan meer deskundigen over.
Dit weerbericht in het Zuid Afrikaans wil ik jullie niet onthouden.
Groet, Johan Effing.
Meer nuus by www.DieBurger.com
Lees die storie by:
http://www.news24.com/Die_Burger/Nuus/0,,4-75_1691480,00.html
Gestuur deur: eric carol effing
Boodskap:hierbij eens een leuk afrikaans weersvoorspelling
Nooddienste gereed vir 'lekker sterk' kouefront
Apr 18 2005 12:58:13:773AM
ABIGAIL ISAACS EN JORISNA BONTHUYS
'n "Lekker sterk" kouefront met sneeu in sy buik kan die stad vannag reeds bereik en nooddienste is gereed vir enige gebeurlikheid.
'n "Lekker sterk" kouefront met sneeu in sy buik kan die stad vannag reeds bereik.
Nooddienste is gereed vir enige gebeurlikheid, volgens woordvoerders van die Kaapstadse en Agulhas-munisipaliteit nadat koue, nat en winderige toestande môre vir dele van die Skiereiland, Weskus en Overberg voorspel is.
Volgens mnr. Glen Roberts, 'n onafhanklike voorspeller, is die kouefront, wat gister en vandag reën sou bring, verswak deur 'n tweede frontale stelsel kort op sy hakke.
"Die tweede kouefront lyk lekker sterk. Daar sal buie oor die Skiereiland en Weskus uitsak en teen Woensdag sal dit ook in die Suid-Kaap reën."
Volgens Roberts sal die neerslae niks soos die storms van verlede week wees nie.
Ligte sneeuneerslae kan moontlik môreaand op bergtoppe in die Suidwes-Kaap verwag word, sê voorspellers van die SA Weerdiens.
Vir die Moederstad en die Boland word 'n 80%-kans van verspreide buie vir môre voorspel.
Die kwik sal na verwagting in Kaapstad tot 17 OC styg, terwyl 'n noordwestewind van tot 50 km/h by Kaappunt kan waai.
Volgens mnr. Wynand Wessels, woordvoerder van Kaapstadse rampbestuur, sou die hele stormwaterafvoerstelsel van die stad teen gisteraand skoon en in werking wees.
"Ons hoop dit sal nie soos verlede week reën nie, maar is seker die stelsel sal normale reënbuie kan hanteer."
Dr. Willem Schonken, uitvoerende burgemeester van die Agulhas-munisipaliteit, het gesê hulle het spesialis-kontrakteurs ontbied om toegeslikte stormwaterpype oop te spuit.
"Die kontrakteurs uit Pretoria het hoëdrukpompe gebruik om die pype skoon te spoel. Ons verwag om teen Dinsdag al dié pype in die munisipale gebied oop te hê."
Volgens Schonken lyk die kanse ná 'n vergadering Vrydag met die provinsiale taakspan maar skraal dat die gebied tot rampgebied verklaar sal word.
"As ons niks gedoen het nie, sou dit miskien tot rampgebied verklaar gewees het. Ná Vrydag se vergadering het ek maar min hoop dat ons gehelp sal word," het Schonken gesê.
Vir vandag word 'n gematigde temperatuur vir oral in die provinsie voorspel. 'n Maksimum temperatuur van 23 OC word vir Kaapstad en Langebaan voorspel, terwyl die kwik in die Paarl en op Oudtshoorn na verwagting by die 26 OC gaan draai. Bewolkte toestande sal na verwagting in die Skiereiland en Boland voorkom. Buie kan laatmiddag plek-plek uitsak.
Quote selectie